Meer oor die skrywer

Gebore en getoë in Suid-Afrika, het Gerhard sy skryfloopbaan in die vroeë tagtigs begin met sy gewilde Springbok Radio storie, Basis Bravo. Hy het verskeie kortverhale in die Huisgenoot gepubliseer, en 'n radiodrama, Vrydag Gaan Ek States Toe, geskryf. Drie van sy toneelstukke is by R.A.U. opgevoer. Hier in die V.S.A. het hy 'n meestersgraad in Teologie verwerf en drie Christelike nie-fiksieboeke geskryf. Hy het sopas 'n 400-bladsy roman, Yesu's Baboon, voltooi. Tans is Gerhard besig om Yesu's Baboon in Afrikaans te vertaal, en 'n nuwe reeks avontuurboekies in die tradisie van Rooi Jan, Oloff die Seerower en Die Swart Luiperd te begin skryf. Gerhard woon in die voetheuwels van die Appalachians op 'n klein plasie saam met sy vrou, kinders, en kleinkinders. Hy skryf deesdae voltyds.